Wie, Wat & Hoekom

Soos in my openingswoorde gestel het ek dit goed gedink om nog ‘n plekkie in kuberruimte te skep waar ek sommer net myself per geleentheid in die geskrewe (getikte) woord kan uitdruk en te deel met enigiemand wat belang sou stel om dit te lees. Lees niemand dit nie is dit ook “ok.” Die blote aktiwiteit om woorde op die skerm in te tik is vir my soos terapie. Ek is op my gelukkigste as ek skeppend en kreatief kan wees, al is dit ook net met woorde…

Ek het dus nie ‘n spesifieke plan vir die blog nie. Ek sien dit meer as ‘n platform om uitdrukking aan idees, opinies, ervarings en belewenisse uit my eie lewensreis te gee wat so in die “stride” ontwikkel en gestalte kry.

Die aanslag hier is m.a.w. baie meer informeel en nie op ‘n spesiefieke onderwerp of tema gerig nie. Vir daardie doel het ek in elk geval ‘n paar ander blogs. Hier wil ek my skoene uitskop en met my voete op die tafel sit… sommer net “chill” en ditjies en datjies onder die loep neem – of dit nou ernstig, minder ernstig of eenvoudig is.

Kom kuier gerus… dalk kry jy hier ‘n paar interessanthede… en ja, trek gerus ook jou skoene uit en sit jou voete op die tafel…

Cobus Oosthuizen

2 Responses to Wie, Wat & Hoekom

  1. Charmaine Nagel says:

    Cobus

    Ek het per ongeluk hier op jou blog afgekom op soek na inhoud vir ‘n redenaars – onderwerp – Grense.

    Ek moet sê die herinneringe het omtrent teruggeskop gekom – my ma hulle was op Oshakati – ons het self op Rundu gebly! Ek is met Dawie Nagel getroud – ook ‘n Noddy karretjie ou en as hy weer terug is by die huis, sal ek laat hy kyk op die army-foto of iemand dalk vir hom bekend lyk!

    Groete hier uit Walvisbaai (Net so lekker soos die Weskus!!)
    Charmaine

  2. Karen says:

    Ek dink dit is puik, ek is op die oomblik besig met ‘n taak en kom toe op hierdie blad af. alles wat hulle se oor hoe om stres te bestuur is so waar, net jammer ons doen dit nie, anders sou ek nie nodig gehad het om stres te he nie.

    groete hier uit Bela Bela Limpopo
    Karen Vorster

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.