Almal weet…
Jy kannie alles vir almal wees nie.
Jy kannie alles gelyktydig doen nie.
Jy kannie alles ewe goed doen nie.
Jy kannie alles beter as alle ander mense doen nie.
Dus…
Moet jy uitvind wie jy is, en dit wees.
Moet jy besluit wat kom eerste, en dit doen.
Moet jy jou sterk punte ontdek, en hulle benut.
Moet jy leer om jou nie met ander te vergelyk nie, want niemand anders is in die spel van “jy-wees” nie.
Dan…
Sal jy jou eie uniekheid aanvaar.
Sal jy prioriteite stel en besluite neem.
Sal jy lewe met jou beperkings.
Sal jy jouself respekteer, en volheid lewe.
Waag om te glo…
Dat jy ‘n wonderlike, unieke mens is.
Dat jy ‘n eenmalige gebeurtenis in die totale geskiedenis is.
Dat dit meer as jou reg is – dis jou plig – om te wees wie jy is.
Dat die lewe nie ‘n probleem is om op te los nie, maar ‘n gawe om te koester.

